Polistireen


Vir 'n vinnige oorsig oor polistireen, kliek hier!

Polistireen is 'n goedkoop, harde plastiek, en seker net poliëtileen is meer algemeen in ons alledaagse lewens. Die harde omhulsel van jou rekenaar (en jou haardroër, en baie kombuistoestelle) is tien teen een ook van polistireen gemaak. Model vliegtuigies en motors en baie ander speelgoed word ook van polistireen gemaak, en in die vorm van sogenaamde "styrofoam" word dit as insulasiemateriaal en verpakkingsmateriaal gebruik. Plastiek drinkglase word ook van polistireen gemaak. Verder is daar baie polistireen in jou motor, soos byvoorbeeld die knoppies van die radio.

Polistireen is 'n viniel polimeer. Struktureel kan dit gesien word as 'n lang koolwaterstofketting, met 'n fenielgroep aan elke tweede koolstofatoom verbind. Polistireen word gesintetiseer deur die vrye radikaal viniel polimerisasie van die monomeer stireen.

Hier is 'n 3d prentjie van die monomeer stireen:

Polistireen is ook 'n komponent van 'n harde tipe rubber genaamd polistireen-butadiëen-stireen, of SBS rubber. SBS rubber is 'n termoplastiese elastomeer.

Die Polistireen van die Toekoms

Daar is 'n nuwe tipe polistireen ontwikkel - sindiotaktiese polistireen. Dit verskil van "gewone" polistireen aangesien die fenielgroepe aan alternerende kante van die ruggraatketting voorkom. "Gewone" of ataktiese polistireen het geen voorkeur aan watter kant van die ruggraatketting die fenielgroepe voorkom nie.

Om die nuwe sindiotaktiese polistireen en die ou ataktiese polistireen in 3d te vergelyk, kliek hier. Die nuwe sindiotaktiese polistireen is kristallyn, en smelt by 270 oC.

Maar dit is BAIE duurder!

Sindiotaktiese polistireen word gemaak deur metalloseen katalise polimerisasie.

Wat van iets heeltemal anders!

"Gewone" ataktiese polistireen is nie heeltemal oor die muur nie. Daar is nog heelwat wat 'n mens daarmee kan doen.

Wat sal gebeur as 'n mens stireen sou neem, en dit d.m.v. 'n vrye radikaal meganisme polimeriseer, maar daar 'n bietjie polibutadiëen rubber in die mengsel gegooi word? As jy na polibutadiëen kyk, sal jy sien dat dit dubbelbindings bevat wat polimeriseerbaar is. Ons sal dus die polibutadiëen kopolimeriseer met die stireen monomeer, om 'n ko-polimeer te kry wat 'n ent kopolimeer genoem word. Hierdie is 'n polimeer waaruit polimeerkettings groei, en wat ander eienskappe het as die oorspronklike ruggraatpolimeer. In hierdie geval is dit 'n polistireen ketting met kettings polibutadiëen wat daaruit groei. Die mengsel sal eger ook polistireen homopolimeer en polibutadiëen homopolimeer bevat, maar dit lewer gewoonlik nie enige probleme op nie.

Hierdie rubberagtige kettings wat van die ruggraatketting afhang, het 'n paar interessante effekte op polistireen. Polibutadiëen en polistireen homopolimere meng glad nie. Die polibutadiëen kettings sal dus hulle bes probeer om 'n fase van hulle eie te vorm, en sal klein globules vorm. Maar hierdie globules sal altyd vas wees aan die polistireenfase. Hulle sal dus 'n effek hê op die polistireen, deur as energie absorbeerder op te tree as iets die polimeer sou tref. Dit gee dus die polimeer 'n veerkragtigheid ("resilience") wat gewone polistireen nie het nie. Dit maak dit dus sterker, nie so bros nie, en in staat om groter impakte as gewone polistireen te kan hanteer sonder om te breek. Hierdie nuwe materiaal word hoë impak polistireen, of HIPS genoem.

Soos bo genoem is, is daar ook homopolimere in die HIPS ingemeng. Maar dit is net die vertakte kettings soos die een hier bo wat die nuwe eienskappe aan die polimeer verleen. Die ander maak nie veel van 'n verskil nie.

Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi